Tempel van God

Laai af in pdf formaat

Teks: Kor 6:19-20

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n temple van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

 Bespreking

  1. Hoekom is jou liggaam ‘n tempel van God?
  2. Wat is die prys wat vir ons betaal is?
  3. Hoekom het God hierdie prys betaal (kyk na Joh. 3:16)
  4. Ons is baie kosbaar vir God, want hy het ‘n baie duur prys betaal om ons te red. Hoe hanteer jy iets wat baie duur of kosbaar is vir jou?
  5. Hoe voel jy moet ‘n tempel lyk in terme van higiëne? Moet dit skoon en netjies wees, of deurmekaar en vuil?
  6. Net soos wat ons aan God behoort en netjies moet wees, moet ons ook na God se skepping kyk en nie morsjorste wees nie.
  7. Noem ‘n paar voorbeelde van wat jy elke dag kan doen om jou tempel netjies te hou.
    1. Tandeborsel
    2. Bad
    3. Gesond eet
    4. Oefen

Opsomming: God het ons so lief, dat Hy vir Jesus gestuur het om in ons plek te sterf. God het ons gekoop en bly in ons deur die Heilige Gees. Ons liggame is iets om op trots te wees, want ons is kosbaar vir God.

Aktiwiteit – Tandehappie (bronne: http://spoonful.com/recipes/apple-bites, www.pinterest.com)

 Benodighede:

  • 1 appel per 4 kinders
  • 1 pakkie amandelstukkies “almond slivers”
  • OF 1 pakkie klein malvalekkers (marshmallows)

Appeltand1

 

 

 

 

 

 

 

Metode 1 – amandelstukkies:

Afhangend van hoe oud (en woelig) die klas is, sal dit dalk beter wees om die appels vooraf te sny

  1. Sny ‘n appel in kwarte, sny die pitte ook uit.
  2. Sny ‘n segment uit elke appelkwart uit (sodat die skil wat oorbly lyk soos lippe)
  3. Druk stukkies amandels in die appel in waar die segment uitgesny is. Die amandels stel tande voor.

 

Appeltand2

 

 

 

 

 

 

 

Metode 2 – malvalekkers

  1. Sny die appel in dun skyfies (sny elke appelkwart in 2 of meer skyfies)
  2. Plak 2 skuifies aan mekaar vas die die malvalekkers as tande tussen in.