Gevorm na God se beeld

bybelles iv – Vorming

Teks: Jesaja 64: 8 en Genesis 1:27

Jesaja 64:8 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

Genesis 1:8 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Bespreking:

God het ons gemaak in Sy beeld, wat beteken dit? (vra klas om hulle opinie te lug oor wat hulle dink dit beteken)

Soos ons verstaan beteken dit onder andere dat God ook dieselfde emosie voel wat ons kan ervaar. Soos liefde (vir elke liewe mens op die aarde, maak nie saak watter geloof hulle aanhang nie), haat (vir alle euwels wat mense van Hom wegdryf), jaloesie (As mense ander goed verafgod, soos geld en mag), hartseer (as mense pyn ervaar), blyheid ensovoorts.

Emosies skoei ons in verskillende vorms, ons glo dat God ervaringe oor ons pad bring om ons te verander en gestalte te kry in die Christen wat ons eventueel word. Ons moet self ook hard werk dat hierdie gevoelens en ervarings ons in die perfekte kruik vervorm.

 

Sing:

HL 286

1.DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,

U, POTTEBAKKER, MET MY, DIE KLEI;

VORM MY EN MAAK MY NET SOOS U WIL;

OP U SLEGS WAG EK, NEEDRIG EN STIL.

 

  1. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,

TOETS EN DEURSOEK MY, AL MOET EK LY!

WITTER AS SNEEU, HEER, WAS MY VANDAG;

LAAG AAN U VOETE WIL EK STEEDS WAG.

 

  1. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,

MOEG EN VERLATE, O STAAN MY BY!

RAAK EN GENEES MY, HEILAND EN HEER;

U KAN ALMAGTIG OOR MY REGEER!

 

  1. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,

TOT HEEL MY LEWE U IS GEWY.

MAAK VAN MY HART, O HEILAND, U TROON,

TOT ELKEEN CHRISTUS IN MY SIEN WOON.

 

Aktiwiteit

 

flobber

 

 

 

 

 

 

 

Wat het jy nodig:

¾ koppie koue water

1 koppie PVA gom

Voedselkleursel van jou keuse

½ koppie warm water

1 teelepel boraks (borax)

2 bakke om in te meng

Metode.

Ek sou voorstel dat jy tuis ‘n oefenlopie doen om te sien of jy saam met jou leerders dit wil maak of nie.

In die eerste bak meng die koue water, kleursel en gom saam. Hou dit dan eenkant.

In die tweede (groter) bak meng jou boraks en warm water tot dat die boraks heeltmal opgelos is.

Meng gom mengsel nou baie stadig by die boraks en wateroplossing.

Giet oortollige water af.

 

*‘n Wonderlike ding gebeur as jy die gommengsel by die boraksmengsel gooi. ‘n Gladde, gommerige, skoeibare klei wat heerlik tussen mens se vingers voel begin vorm. Dit dien geen doel as om net ‘n heerlike tasbare ervaring te wees. Geniet dit!