Paasfees 2015

Aktiwiteit (7-9jaar) 

 Wat het jy nodig:

“Jellybeans”

Rekgare

‘n Naald met ‘n oog groot genoeg vir die rekgare

Satynlint

PDF uitgedruk op karton vir elke leerder

Paasfees 7-9   (PDF OM AF TE LAAI)

Gaatjiepons vir die kruis

Skêr

Metode.

Druk ‘n gat in die kartonkruis met die pons.

Maak ‘n klein strikkie deur die kruis.

Ryg “jellybeans” in ‘n lengte wat genoeg sal wees vir ‘n armband.  (Ons gebruik die lekkers omdat dit soos eiertjies lyk).

Knoop rek, maar los ‘n lengte daarvan om deur die agterkant van die strikkie te gaan en knoop vas.

Siedaar, jy’t ‘n armband met ‘n boodskap.

 

Aktiwiteit (4 – 6 jariges)

Paasfees 4-6  (PDF OM AF TE LAAI)

Inkleurprent.

Druk een vir elke leerder en kleur in.

 

Les: 

Lees die volgende vers uit:

Effesiërs 4

32Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

en lees:

Mattheus 18

21Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?
22Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

en lees:

Hebrieërs 2

9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

 

Praatjie:

Jesus het vir ons sondes gesterf.  Dit beteken dat al ons sondes vergewe word deur Hom.  Daarom vier ons Paasfees

Ons sukkel om mekaar te vergewe.  As iemand jou te na gekom het vat dit ‘n hele rukkie of dalk nooit om daardie persoon te vergewe.  As jy in ag neem dat Jesus Sy lewe opgeoffer het vir jou sondes en jou sewenitig maal sewe keer sal vergewe, is dit ‘n maklike taak om jou maats se menslikheid te vergewe.

Dit is ook nie lekker of maklik om met kwaad in jou hart te loop nie.  Dit vergiftig net jou bestaan.  Dus wil Jesus hê jy moet met vergifnis deur die lewe gaan sodat jy ook ‘n meer gelukkige mens sal wees.  Mense wat altyd net kwaad is vir almal is nie ‘n vreugdevolle mens nie.  Leef met liefde en vergifnes in jou hart en jy sal nader aan God leef.

 

Bid:

Dankie liewe Heer dat U aan die kruis vir my gesterf het.  Help my om altyd dit te onthou as ek sukkel om die mense om my te vergewe.  Dankie dat U, U Seun vir my sondes opgeoffer het.

Amen