Dankbaarheid
Hoe kan ons altyd dankbaar bly? Deur ‘n positiewe houding en denke.
Teks verse:
- Ef.5:20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.
- Ps. 106:1 Prys die Here! Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!
- Kol. 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Aktiwiteit 1:
Noem 1 ding waaroor jy wil kla en kry dan ‘n positiewe manier om daarna te kyk:
Byvoorbeeld:
Stelling: Ek hou nie van vroeg opstaan op ‘n Sondag nie
Positiewe: maar dan kan ek my vriende by die kerk sien
Stelling: __________________________________________________________
___________________________________________________________________
Positiewe: __________________________________________________________
___________________________________________________________________
As jy sukkel om die stelling positief te maak, vra iemand in die klas om jou te help.
Aktiwiteit 2:
Tel hoeveel letters is in die woord DANKBAAR, en skryf dan dieselfde aantal dinge neer waarvoor jy dankbaar kan wees:
Aktiwiteit 3:
Die vere maak die voël:
Gebruik die buitelyne van jou hande om ‘n “Dankbaarheids Voël” te maak. Skryf dan iets op elke stert veer waarvoor jy dankbaar is