Drie Enige God en Water

Laai af in pdf: Drie-enige God en Water

Teks: Joh. 7:38

Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.

 

Vraag aan begin van die les: Waaraan dink jy as aan water dink?

Vraag aan die einde van die les: Kan jy van nou af ook dink aan hoe God in ons leef elke keer as jy aan water dink?

 

Die konsep van ‘n drie-enige God kan verduidelik word deur die 3 vorms wat water aanneem: Ys, Water en Stoom.

Al lyk en voel ys, water en stoom nie dieselfde nie is al drie nog steeds dieselfde element: water (H2O).

Net soos ons nie sonder water kan lewe nie, kan ons ook nie sonder God, Jesus en die Heilige Gees lewe nie.

 

Feite oor water:

  1. Rofweg 70% van ‘n mens se liggaam bestaan uit water.
  2. 75% van die aarde se oppervlak is bedek met water.
  3.  Water kook teen 100ºC (by seevlak).
  4.  Water vries by 0ºC.
  5.  ‘n Mens kan sonder kos leef vir ‘n maand, maar net vir ‘n week sonder water.
  6. Ys weeg 9% ligter as water, daarom dryf ys in ‘n glas water.

 

Klas bespreking:

  1. Aan hoeveel stories in die Bybel kan jy dink waar water betrokke was? Hier is ‘n paar:
    1. Die skepping – Gees van God het oor die waters gesweef
    2. Noag en die Ark – hier het God water gebruik om die aarde te reinig
    3. Tien plae – God het water in bloed verander
    4. Jesus het water in wyn verander
    5. Jesus is gedoop met water
  2. Hoe word ons gedoop?
    1. Met water
    2. In die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees

 

Aktiwiteit: Origami boot

(http://www.origami-instructions.com/easy-origami-boat.html)

 

  1.  Neem ‘n vierkantige stuk papier en vou diagonaal om ‘n driehoek te vorm

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Vou een hoek van die driehoek opwaarts

3.Vou die driehoek ook anderkant toe, op dieselfde vou

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Vou die onderste hoek opwaarts tot tussen die sye van die boot

 

 

 

 

 

 

 

 

5. Die bokant van die boot (kajuit) is nou ‘n skerp hoek, die hoek kan afgeskeur of afgesny word om ‘n plat kajuit te vorm.
6. Vou die boot effens oop sodat hy kan staan

 

 

 

 
7.Versier die boot

Reply: