Medemens
Laai af in pdf: Medemens
Teks
Romeine 13:8
Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.
Markus 12:31
Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”
Bespreking
- Wie is almal jou medemens of naaste?
- Hoekom moet ons lief wees vir ons medemens?
- Wat beteken dit om vir iemand lief te wees? (Lees Kor. 13)
- Is jou medemens altyd iemand van wie jy hou?
Aktiwiteit
- Vou ‘n A4 papier in 4 ewe groot lengtes soos ‘n konsertina
- Sny die papier in die helfte, lengte gewys
- Teken ‘n mannetjie se buitelyn op die eerste blok, maak seker sy arms gaan tot teen die kante
- Teken ‘n vroutjie se buitelyn op die eerste blok van die tweede helfte, maak seker haar arms gaan tot teen die kante
- Terwyl die papier blok gevou is, sny die buitelyne van die mannetjie en vroutjie op die eerste blok
- Vou die blokke nou oop
- Die figure kan nou versier word