Die Skepping

laai af in pdf: Die Skepping

Teks: Gen. 1:1 – Gen 2:4

 

Eerste dag – Lig, dag en nag

Tweede dag – Hemel en aarde

Derde dag – Skeiding van Land en Oseane, Plante

Vierde dag – Son, Maan, Sterre

Vyfde dag – Seediere, Voëls

Sesde dag – Land diere, Man, en Vrou

Sewende dag – God het gerus

 

God gee opdrag aan Adam en Eva om na die aarde om te sien

 

Aktiwiteite:

Aktiwiteit 1: Ken mekaar, leer die volgorde van die skeppings dae

Druk die volgende kaartjies. Knip uit met die Dag en Skeppingswerk op aparte kaartjies (totaal van 14 kaartjies) en gooi in ‘n hoed.

 

Dag 1

Lig

Dag 2

Hemel en Aarde

Dag 3

Land en Oseane, Plante

Dag 4

Son, Maan, Sterre

Dag 5

Seediere, Voëls

Dag 6

Landdiere, Mens

Dag 7

God Rus

Laat elke student/groep ‘n kaartjie trek. Die studente moet dan uitvind wie het hulle ooreenstemmende kaartjie. Bv. Die persoon met “Dag 1” moet die persoon soek wat “Lig” op sy kaartjie het ens.  As jy te min studente het, laat elkeen meer as 1 kaartjie trek.

 

Aktiwiteit 2: Kuns

Druk die kaartjies hierbo en knip uit met Dag en Skeppingswerk op dieselfde kaartjie (totaal van 7 kaartjies), gooi weer in ‘n hoed.

Laat elke student/groep ‘n kaartjie trek en dit dan:

  1. Teken (jy benodig papier en potlode), of
  2. Handgebare gebruik sonder woorde om die kaartjie uit te beeld

Die ander studente/groepe moet dan raai watter dag die oorspronklike groep getrek het.

Aktiwiteit 3: Bespreking – Ons opdrag om na die aarde te om te sien

 

  1. Kan jy aan maniere dink hoe ons na die aarde en diere moet omsien?
  2. Noem verskillende soorte besoedeling.
  3. Wat is herwinning?
  4. Watter materiale herwin julle by die huis?
  5. Wat is globale verwarming?

 

Reply: