Verjaarsdag Partytjie vir Jesus
Laai af in pdf: Jaarafsluiting idees
Kersfees en jaarafsluiting idee: Verjaarsdag partytjie vir Jesus
In plaas van die tradisionele “Kersspel” kan ‘n verjaarsdag tema gebruik word. Al weet ons Jesus is nie gebore op die 25 Desember nie, vier ons nog steeds sy verjaarsdag op hierdie dag.
Waar kom die gebruik van geskenke vandaan? Die wyse manne het geskenke Betlehem toe gebring vir Jesus. Ons moet onthou dat Kersfees nie gaan oor die geskenke wat ons ontvang nie, maar dat ons Jesus as geskenk gekry het by God.
Liedjies wat gebruik kan word:
- Jesus Verjaar
(Op wysie van “Lekker verjaar ou maat, lekker verjaar”)
Dit is weer
Ke-ersfees
Jesus verjaar
Dit is weer
Ke-ersfees
Jesus verjaar
Jesus is lief vir ons
Jesus is lief vir ons
Dit is weer
Ke-ersfees
Jesus verjaar
Dit is weer
Ke-ersfees
Jesus verjaar
Handbewegings:
Dit is weer Kersfees, Jesus verjaar
Arms bo kop, maak ‘n ster wat skyn met hande (maak ‘n vuis en skiet dan vingers oop en toe) en beweeg arms af tot by die sye in ‘n boog.
Jesus is lief vir ons
(Je) Steek linker arm op na bo, (sus) steek regter arm op na bo
(Is lief vir ons) maak ‘n kruis met die arms oor die bors – vir liefde
- Prys die Here Vader
(Op wysie van wielie-walie)
Prys die Here Vader
Staan nou almal nader
Jes-us
het gekom
Hy is onse Redder
- Heilige nag, stille nag
Aktiwiteite
- As daar ‘n verjaarsdag koek is – laat elke kind ‘n kersie aansteek (of in die koek druk en dat die juffrou die kersies aansteek)
- Ballonne – Blaas ballonne op, elkeen met ‘n teksgedeelte oor die geboorte van Christus binne in. Laat kinders die ballonne bars en dan die teks binne die ballon lees (in die regte volgorde). Gebruik Lukas 1
- Kaartjies – Laat elkeen ‘n verjaarsdag kaartjie maak vir Jesus