Verlore Skaap – Reeks 1 uittreksel

Hierdie is die eerste les in Reeks 1 – Gelykenisse. Vir meer inligting klik hier

Laai Af: Reeks 1 – Les 1 Verlore Skaap

Teks: Lukas 15:4-7

Bespreking

  1. Hoekom sal ‘n skaapwagter sy trop los om een verlore skaap te gaan soek?
  2. Wie is ons skaapwagter?
  3. Moet ons saam met die skaapwagter bly wees as hy ‘n verlore skaap gevind het?

 

Aktiwiteit

 Benodighede:

  • Wit A4 Karton – (opsioneel: druk die skaap uit in die “maklike druk idees” afdeling)
  • Watte
  • Gom
  • Skêr
  • Inkleur potlode

 

  1. Teken die buitelyne van ‘n skaap, of van ‘n skaap se kop op die A4 karton (of gebruik die skaap in “maklike druk idees”)
  2. Knip die skaap uit
  3. Plak die watte oor die skaap se lyf, of bokant van sy kop
  4. Kleur die res van die skaap in

Verlore_Skaap

 

Comments are closed.