Verjaarsdag Partytjie vir Jesus

Laai af in pdf: Jaarafsluiting idees

Kersfees en jaarafsluiting idee:  Verjaarsdag partytjie vir Jesus

In plaas van die tradisionele “Kersspel” kan ‘n verjaarsdag tema gebruik word. Al weet ons Jesus is nie gebore op die 25 Desember nie, vier ons nog steeds sy verjaarsdag op hierdie dag.

Waar kom die gebruik van geskenke vandaan? Die wyse manne het geskenke Betlehem toe gebring vir Jesus. Ons moet onthou dat Kersfees nie gaan oor die geskenke wat ons ontvang nie, maar dat ons Jesus as geskenk gekry het by God.

 

Liedjies wat gebruik kan word:

  • Jesus Verjaar

(Op wysie van “Lekker verjaar ou maat, lekker verjaar”)

Dit is weer

Ke-ersfees

Jesus verjaar

Dit is weer

Ke-ersfees

Jesus verjaar

Jesus is lief vir ons

Jesus is lief vir ons

Dit is weer

Ke-ersfees

Jesus verjaar

Dit is weer

Ke-ersfees

Jesus verjaar

 

Handbewegings:

Dit is weer Kersfees, Jesus verjaar

Arms bo kop, maak ‘n ster wat skyn met hande (maak ‘n vuis en skiet dan vingers oop en toe) en beweeg arms af tot by die sye in ‘n boog.

Jesus is lief vir ons

(Je) Steek linker arm op na bo, (sus) steek regter arm op na bo

(Is lief vir ons) maak ‘n kruis met die arms oor die bors – vir liefde

 

  •  Prys die Here Vader

(Op wysie van wielie-walie)

Prys die Here Vader

Staan nou almal nader

Jes-us

het gekom

Hy is onse Redder

 

  • Heilige nag, stille nag

 

Aktiwiteite

  • As daar ‘n verjaarsdag koek is – laat elke kind ‘n kersie aansteek (of in die koek druk en dat die juffrou die kersies aansteek)
  • Ballonne – Blaas ballonne op, elkeen met ‘n teksgedeelte oor die geboorte van Christus binne in. Laat kinders die ballonne bars en dan die teks binne die ballon lees (in die regte volgorde). Gebruik Lukas 1
  • Kaartjies – Laat elkeen ‘n verjaarsdag kaartjie maak vir Jesus

Footsteps of Jesus

1 Pet 2:21

For to this you have been called, because Christ also suffered for you, leaving you an example, so that you might follow in his steps

Activity:

Take off your shoe and trace your foot on a piece of paper.

 

Discussion:

  1. What does it mean to follow in someone’s foot steps?
  2. Who is your role model?
  3. What are the characteristics of a role model?

 

How can we follow in Jesus’ foot steps?

  • Think like Jesus
  • Do like Jesus
  •  Talk like Jesus

Voetspore van Jesus

Laai af in pdf: Voetspore van Jesus

 

1 Pet 2:21

Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

 

Aktiwiteit:

Trek uit jou skoen en trek jou voet af op ‘n stuk papier.

 

Klasbespreking:

  1. Wat beteken dit om in iemand se voetspore te volg?
  2. Wie is jou rolmodel?
  3. Wat is die eienskappe van ‘n rolmodel?

 

Hoe kan ons in Jesus se voetspore volg?

  • Dink soos Jesus
  • Doen soos Jesus
  • Praat soos Jesus